Dit is met groot dankbaarheid teenoor ons Hemelse Vader dat ons hierdie jaar ons 25ste toer vier! Ons stuur die vorms vroeg uit sodat julle iets het om voor te oefen.
DAAR IS EGTER NET PLEK VIR 52 RYERS “first come first serve”
13-15 Desember 2014
25 Jaar / 25 Years!
Die 1ste 10 inskrywings met volle betaling ontvang n gratis gholfhemp!
Vir die wat al ons toer meegemaak het sal weet… wat ander nie weet nie.. en ons praat nie uit nie… GHMF !!
1. Algemene Inligting
1.1. Vertrek: Registrasie 13 Desember 2014, 7h00-7h30 te EIKEBOS kampterrein, GREYTON. ‘n Roetekaart sal aan almal gestuur word nadat inskrywings gesluit het. As jy laat is skil jy ‘n streepsak of 3 aartappels voor aandete of miskien vra ons jou om 240 stukkies hoender skoon te maak… ek bedoel… die lewe is vol keuses
1.2. Eindpunt: Ons eindig ook by EIKEBOS, GREYTON.
1.3. Roete: Die roete verander elke jaar…, en daar is ‘n ou trekkie of twee… maar julle is mos nie bang nie…..
1.4. Fiksheid: 65-75km grondpad per dag (120-140km teerpad per dag)
1.5. Formaat: Hierdie toer is n ontspanningstoer en NIE ‘n resies nie. Dit is die ideale geleenthied om af te skakel na ‘n jaar van gejaag… om heeltemal te vergeet van werk vir drie dae lank en jou
sodoende in die bui te kry vir ‘n lekker Desember vakansie! Ons slaap in tente en braai elke aand vleis . . . hoe dan nou anders? Aangesien ons elke aand by EIKEBOS oorslaap en ons daar eindig is dit nie nodig om jou bagasie saam te ry op die dag se roete nie… as jy wil is dit natuurlik ‘n fiets van ‘n ander kleur…
1.6. Vervoer: Geen vervoer word deur ons gereel na die vertrekpunt of vanaf die eindpunt nie. Jy het mos ‘n fiets…
1.7. Voertuie: Geen voertuie word toegelaat om agter die ryers aan te ry nie. Slegs die offisiele ondersteuningsvoertuie word toegelaat.
1.8. Kinders: Kinders jonger as 16 jaar moet deur ouers vergesel word.
1.9. Kostes is R1270-00 per persoon vir die eerste twee persone per huisgesin. Vir die 3de ryer van die gesin sal die koste R1050-00 wees, vir die 4de sal dit R980-00 wees en vir die 5de R910-00 wees. Dus vir ‘n huisgesin van 5 wat wil inskryf vir die toer sal die koste as volg wees: R1270 + R1270 + R1050 + R980 + R910 = R5480.00 NB: kinders 8-12 jaar = R750.00
1.10. Hierdie jaar kan julle alreeds vanaf Mei maand inskryf en n NIE TERUGBETAALBARE deposito van R150.00 per person betaal, en daarna maandeliks enige bedrag deponeer tot en met die sluitingsdatum om sodoende die inskrywingsfooi te dek. Daar word ook geen plekke ‘gehou’ nie, “if you snooze, you loose” inskrywingsvorm moet gestuur word per e-pos na cfoost@sun.ac.za
1.11. Die inskrywingsfooi sluit die volgende in:
1.11.1 aandete x 2, middagete x 3 en ontbyt x 2 (14+15 Des)
1.11.2 sap, lekkers en koekies x 3
1.11.3 tee/koffie en koek x 3
1.11.4 vroegoggend en laataand koffie met beskuit x 3
1.11.5 verblyf (bring jou eie klein tent en matras)
1.11.6 keppie (herdenking van ons 25ste toer) _
1.11.7 Muffins met tee/koffie by registrasie
Vir navrae, kontak Corrie (079 689 0461) of cfoost@sun.ac.za
Onthou om die volgende saam te bring:
1.12 Jou eie bord, beker, mes, vurk en afdroogdoek (merk dit asseblief)
1.13 Fiets en valhelm (NO HELMET NO RIDE!)
1.14 Olie vir fiets (Q20 is beskikbaar teen… dit spyt my… R50 per spuit. Die lewe is duur hoor!)
1.15 Klein tent matras en slaapsak 1.16 Fietsreenbaadjie of swartsakke (ja, ons kry reen in Desember) 1.17 2-3 stelle fietsryklere ..tensy jy wil …nouja.
1.18 Sonskerm (jy leen NIE die kostannie sin nie!)
1.19 Alkoholiese verversings saam met aandete (ons voorsien koeldrank gedurende die dag en
met etes)
1.20 Sweetpak
1.21 ‘n Mooi gesindheid
Inskrywingsvorm en bewys van betaling moet gestuur word per e-pos na cfoost@sun.ac.za met verwysing as volg: van+selnommer (bv oosthuizen0832355200). Betaling sonder verwysing = fiets sonder wiele = bly by die huis (“same prosedure as last year”)
Geen geld word na die sluitingsdatum (1 November 2014) terugbetaal nie. Dit is jou eie verantwoordelikheid om ‘n ryer in jou plek te kry en die kostes van hom/haar te verhaal